11-12 Maar Ek sal dit nie nou weer doen nie. Dit sal nou goed gaan met die mense wat nog lewe. Daar sal druiwe wees aan die wingerdstokke en koring op die lande. Die dou uit die lug sal die grond natmaak. Ek sal dit alles gee vir die mense wat nog lewe.
13 Mense van Juda en Israel, almal het geweet dat die Here julle vervloek het. Nou sal Ek, die Here, julle red, en almal sal weet die Here seën julle. Julle moenie bang wees nie, julle moenie moedeloos wees nie.”
14 Ja, die Here wat oor alles regeer, sê: “Toe julle voorvaders My kwaad gemaak het, het Ek besluit om julle te laat swaarkry. Ek het besluit Ek sal nie jammer wees vir julle nie.
15 Maar nou besluit Ek dat Ek goed sal wees vir die mense van Jerusalem en vir die mense van Juda. Julle moenie bang wees nie.
16 “Julle moet nou ook al hierdie dinge doen: Julle moet die waarheid praat met mekaar. Wanneer julle in die poort moet vertel wat gebeur het, dan moet julle die waarheid praat, en wanneer julle in die poort moet besluit oor die mense wat daar kom, dan moet julle reg besluit.
17 “Julle moenie planne maak om dit sleg te laat gaan met ander mense nie. Julle moenie dinge belowe wat julle nie wil doen nie, want dit is iets wat Ek haat,” sê die Here.
18 Die Here wat oor alles regeer, het met my gepraat.