15 Maar nou besluit Ek dat Ek goed sal wees vir die mense van Jerusalem en vir die mense van Juda. Julle moenie bang wees nie.
16 “Julle moet nou ook al hierdie dinge doen: Julle moet die waarheid praat met mekaar. Wanneer julle in die poort moet vertel wat gebeur het, dan moet julle die waarheid praat, en wanneer julle in die poort moet besluit oor die mense wat daar kom, dan moet julle reg besluit.
17 “Julle moenie planne maak om dit sleg te laat gaan met ander mense nie. Julle moenie dinge belowe wat julle nie wil doen nie, want dit is iets wat Ek haat,” sê die Here.
18 Die Here wat oor alles regeer, het met my gepraat.
19 Hy het gesê: “Die mense van Juda het gevas in die vierde maand, of in die vyfde maand, of in die sewende maand, of in die tiende maand. Maar nou sal hulle op daardie dae bly wees en feesvier en bymekaarkom. Hulle sal die waarheid praat met mekaar en hulle sal lief wees vir mekaar.”
20 Die Here wat oor alles regeer, sê: “Daar sal nog iets gebeur: Mense sal kom, hulle sal uit baie stede kom.
21 Die mense van een stad sal na ’n ander stad gaan en sê: ‘Kom ons gaan bring ’n offer vir die Here, die Here wat oor alles regeer. Kom ons gaan vra wat Hy wil hê ons moet doen. Ek wil ook gaan.’