14 Die Here sal bokant sy volk verskyn en Hy sal sy pyle skiet soos weerlig. Die Here sal die ramshoring blaas en Hy sal kom in ’n stormwind uit die suide.
15 Die Here wat oor alles regeer, sal sy volk beskerm.Hy sal sy slingervel gebruik en hy sal sy vyande oorwin. Die klippe uit sy slingervel sal vol bloed word, so vol bloed soos die bakke by die altaar en soos die hoeke van die altaar. Die vyande sal die klippe hoor aankom en dit sal wees soos wanneer wyn borrel.
16 Die Here is die God van sy volk, en hulle behoort aan Hom. Hy sal daardie dag kom om sy volk te red, en hulle sal in sy land woon. Hulle sal lyk soos mooi blink edelstene in ’n koning se kroon.
17 Dit sal goed gaan in die land, die land sal mooi wees. Daar sal baie koring en wyn wees, en dit sal die jongmans en die meisies sterk en gesond maak.