Sagaria 9:4-10 ABA

4 Die Here sal nou al die goed vat wat die mense van die stad het. Hy sal die skepe van die stad Tirus verwoes.

5 Die mense van die stede Askelon en Gasa sal sien wat gebeur met Tirus. Hulle sal bang word en groot skrik. Die mense van die stad Ekron sal ook skrik, want hulle sal sien dat niks en niemand hulle kan help nie. Die stad Gasa sal nie meer ’n koning hê nie, en daar sal nie meer mense in Askelon woon nie.

6 In die stad Asdod sal nou ander mense woon. Die Here sê: “Ek sal alles wegvat wat die Filistyne hoogmoedig gemaak het.

7 Hulle sal nie meer ete-offers vol bloed vir hulle afgode bring nie. Die Filistyne wat nog lewe, sal ook aan ons God behoort. Hulle sal soos familie wees vir die mense van Juda. Dit sal met die mense van Ekron gaan soos met die Jebusiete, wat ook saam met die mense van Juda gewoon het.

8 Die Here sê Hy sal sy tempel beskerm. Daar sal nie meer ander volke in die stad Jerusalem kom nie, niemand sal die mense van Jerusalem verdruk nie, want die Here self sorg vir hulle.”

9 Die Here sê:“Mense van Jerusalem,julle moet baie bly wees en juig,want dit is julle koningwat nou na julle toe kom.Hy is regverdig,en Ek help hom altyd.Hy is nie ’n belangrike man nie,en hy ry op ’n jong donkie.

10 Ek sal die oorlogkarre verwoesen die perde doodmaak.Ek sal die pyl en boog stukkend breek,die mense van Efraimen Jerusalem maak oorlog daarmee.Dan sal die koning vrede maakmet die ander volke.Hy sal oor hulle regeer,van die een seetot by die ander see,van die Eufraat-rivier en verder,oor die hele aarde.”