8 My kind, jy moet luister na wat jou pa en jou ma vir jou wil leer, jy moenie vergeet wat hulle vir jou leer nie.
9 As jy dit nie vergeet nie, dan sal jy ’n mooi lewe hê.
10 My kind, wanneer sondaars jou verkeerd wil laat doen, dan moet jy nie luister na hulle nie.
11 Hulle sal miskien vir jou sê: “Kom saam met ons, dan wag ons totdat iemand verbykom, en dan maak ons hom dood, dit maak nie saak of hy niks verkeerd gedoen het aan ons nie.
12 Hy is nog lewendig en gesond wanneer ons hom vang, maar ons sal hom laat sterf en laat afgaan na die doderyk, na die graf.
13 Dan sal ons baie kosbare goed kry en ons sal ons huise volmaak met die goed wat ons vat.
14 Jy sal een van ons wees en ons sal almal kry van die goed wat ons vat.”