1 Spreuke van Salomo.’n Pa en ’n ma is bly as hulle kinders wysheid het,maar hulle is hartseer as hulle kinders dwase is.
2 As ’n mens verkeerd lewe, dan help dit niksdat hy baie goed gekry het nie.As hy reg lewe, dan sal dit hom redvan die dood.
3 As ’n mens reg lewe,dan laat die Here hom nie honger kry nie,maar vir die mense wat verkeerd doen,gee Hy nie die dinge wat hulle wil hê nie.
4 Hande wat lui is, laat mense arm word,maar hande wat hard werk, maak mense ryk.
5 ’n Kind wat in die somer die koring-oesbymekaarmaak, is verstandig.’n Kind wat slaap wanneer hy die koringmoet afsny, sal niks hê nie.