12 Dit is ’n onverstandige mens wat sêdat ’n ander mens nie belangrik is nie,’n verstandige mens sê niks.
13 Iemand wat skinder, sê dingewat ander mense nie moet weet nie,iemand vir wie jy kan glo, praat nie oor die dingewaaroor ’n mens moet stilbly nie.
14 ’n Volk sal ’n oorlog verloor wanneer mensenie goed dink voordat hulle die oorlog begin nie,maar wanneer daar baie raadgewers is,dan sal hulle wen.
15 Dit sal sleg gaan met ’n persoonwat borg staan vir iemand,’n persoon wat nie wil borg staan nie, is veilig.
16 ’n Goeie vrou lewe só dat mense haar respekteer.Mense wat altyd wil seermaak en doodmaak,lewe net om ryk te word.
17 ’n Persoon wat doen wat hy belowe,kry sy beloning,’n wrede mens laat homself swaarkry.
18 Die beloning van die mens wat verkeerd doen,beteken niks.Iemand wat aanhou om reg te doen,sal waarlik beloon word.