5 Die pad van eerlike mense is gelyk,want hulle doen reg.’n Mens wat verkeerd doen,sterf omdat hy verkeerd doen.
6 Mense wat reg lewe, sal aanhou lewe,want hulle doen reg,maar die dinge wat ontrou mense graag wil hê,vang daardie mense.
7 Wanneer die mens wat verkeerd doen, sterf,dan sterf alles wat hy gehoop het,saam met hom,slegte mense kan nie hoop dat dit latergoed sal gaan nie.
8 Wanneer dit sleg gaan met ’n menswat reg lewe, dan red die Here hom,en dan laat Hy dit sleg gaanmet die mens wat verkeerd doen.
9 ’n Mens wat nie die Here dien nie,praat sleg oor ander mense,hy wil hulle laat sterf,maar mense wat reg doen,weet hoe hulle moet lewe,en hulle hou aan om te lewe.
10 Die mense in ’n stad is blywanneer dit goed gaan met die mense wat reg doen,en hulle juig wanneer die mense sterf wat verkeerd doen.
11 Dit gaan goed in ’n stad wanneer die Heredie mense seën wat reg lewe,maar wanneer mense verkeerd doen,dan gaan dit sleg in ’n stad.