1 Iemand wat daarvan hou dat mensevir hom leer, wil graag dinge weet,iemand wat nie daarvan hou dat mensevir hom sê hoe hy moet lewe nie, is dom.
2 Die Here is goed vir ’n goeie mens,maar Hy straf mense wat skelm planne het.
3 ’n Mens wat verkeerd doen,sal nie aanhou lewe nie,maar die mense wat reg lewe,sal vas bly staan en veilig wees.
4 Mense respekteer ’n man wat ’n goeie vrou het,maar wanneer ’n man skaam moet wees vir sy vrou,dan is sy soos kanker in sy liggaam.
5 Mense wat reg lewe, dink reg,die planne van mense wat verkeerd doen, help niks.
6 Wanneer die mense wat verkeerd doen, praat,dan wil hulle ander mense laat sterf,eerlike mense se woorde red hulle.