13 Die verkeerde dinge wat ’n slegte mens sê,is soos ’n vangstrik wat hom vang,maar wanneer ’n mens reg lewe,dan sal dit nie vir hom gevaarlik wees nie.
14 Wanneer ’n mens die regte dinge sê,dan sal dit baie goed gaan met hom,en wanneer hy met sy hande werk,dan sal hy beloning kry.
15 ’n Dwaas dink dit is regom te lewe soos hy wil,maar ’n wyse mens luisterwanneer iemand vir hom sê wat om te doen.
16 ’n Dwaas wys dadelik wanneer hy kwaad is,’n verstandige mens wys nie hoe hy voelwanneer mense hom beledig nie.
17 Wanneer iemand die waarheid praat,dan bring hy ’n boodskap wat reg is,’n getuie wat lieg, wil mense bedrieg.
18 Wanneer mense praat en nie dink wat hulle sê nie,dan maak hulle ander mense seer.Wyse mense sê dinge wat ander mense beter laat voel.
19 Woorde wat die waarheid is, bly altyd waar,maar mense weet gou wanneer iemand ’n leuen vertel.