3 ’n Mens wat verkeerd doen,sal nie aanhou lewe nie,maar die mense wat reg lewe,sal vas bly staan en veilig wees.
4 Mense respekteer ’n man wat ’n goeie vrou het,maar wanneer ’n man skaam moet wees vir sy vrou,dan is sy soos kanker in sy liggaam.
5 Mense wat reg lewe, dink reg,die planne van mense wat verkeerd doen, help niks.
6 Wanneer die mense wat verkeerd doen, praat,dan wil hulle ander mense laat sterf,eerlike mense se woorde red hulle.
7 Wanneer die mense wat verkeerd doen, sterf,dan is hulle weg,maar die nageslag van mense wat reg lewe,sal altyd daar wees.
8 Mense prys iemand wat verstandig praat,maar hulle spot iemand wat dom dinge sê.
9 Dit is beter om nie belangrik te wees nieen ’n slaaf te hê,as om baie belangrik te weesen nie kos te hê om te eet nie.