8 Wanneer iemand ryk is,dan moet hy homself miskien loskoop,maar niemand sê dat ’n arm mens iets moet betaal nie.
9 Die lig van mense wat reg lewe, skyn vrolik,maar die lamp van mense wat verkeerd doen, gaan dood.
10 ’n Hoogmoedige mens wil altyd twis.Iemand wat wysheid het, luisterwanneer ander mense vir hom sê wat om te doen.
11 Iemand wat skielik ryk geword het,word gou weer arm,iemand wat stadig en versigtig goed bymekaarmaak,word ryker en ryker.
12 ’n Mens word moedeloos wanneer hy nie krywat hy graag wil hê nie,maar hy is weer lus om te lewe wanneer hy krywat hy wil hê.
13 Wanneer ’n persoon nie wil doenwat ’n wyse mens vir hom leer nie,dan sal hy arm worden hy sal iemand se slaaf moet word,maar wanneer hy doen wat ’n wyse mens vir hom sê,dan sal hy ’n beloning kry.
14 Die dinge wat ’n wyse mens vir jou leer,laat jou lewe, dit keer sodat die doodjou nie in sy vangstrik vang nie.