10 ’n Mens self weet hoe ongelukkig hy is, net hy weet dit,en niemand anders kan regtig weet hoe bly hy is nie.
11 Die huisgesinne van mense wat verkeerd doen, sterf gou,maar dit gaan goed met die huisgesinne van eerlike mense.
12 Iemand kan dink dat hy reg lewe,maar die manier hoe hy lewe, bring hom by die dood.
13 ’n Mens kan lag, ook wanneer hy hartseer is,maar hy kan ook eers bly wees en dan later huil en treur.
14 Iemand wat verkeerd lewe,sal die straf kry wat hy moet kry,maar ’n goeie mens sal meer kry as wat hy moet kry.
15 Mense wat baie min weet, glo enige iets,’n slim mens dink goed voordat hy iets doen.
16 ’n Wyse mens is bang vir die dinge wat kan gebeur,en hy doen niks wat dit sleg sal laat gaan met hom nie.’n Dwaas dink nie wat hy doen nie,hy dink hy sal altyd veilig wees.