22 Mense wat besluit om slegte dinge te doen,weet nie wat met hulle sal gebeur nie.Mense wat besluit om goeie dinge te doen,doen wat hulle belowe het, hulle verander nie.
23 Wanneer iemand hard werk, dan kry hy baie dinge.Wanneer iemand net praat en niks doen nie, dan bly hy arm.
24 Wyse mense is ryk, en ander mense respekteer hulle,maar dwase mense bly dwaas.
25 Wanneer ’n getuie die waarheid praat,dan red hy mense se lewens,maar wanneer ’n getuie aanhou om leuens te vertel,dan maak hy alles vals.
26 Iemand wat die Here respekteer en dien, is veilig,en die Here beskerm daardie persoon se kinders ook.
27 As jy die Here respekteer en dien, dan sal jy aanhou lewe,jy sal nie in die vangstrikke van die dood kom nie.
28 Mense respekteer ’n koningwanneer hy oor ’n groot volk regeer,maar iemand wat oor min mense regeer,bly nie lank ’n koning nie.