1 Wanneer jy vir iemand mooi antwoord,dan sal hy ophou om kwaad te wees,maar wanneer jy dinge sê wat iemand seermaak,dan maak jy hom kwaad.
2 Wanneer wyse mense praat,dan leer ’n mens, en dit is lekker.Maar wanneer dwase praat,dan sê hulle net dom dinge.
3 Die Here sien oral,Hy sien wat slegte mense doenen Hy sien wat goeie mense doen.
4 Wanneer iemand praat om dit beter te laat gaan,dan laat hy mense lewe,maar wanneer hy dinge sê wat vals is,dan maak hy mense moedeloos.