2 Wanneer wyse mense praat,dan leer ’n mens, en dit is lekker.Maar wanneer dwase praat,dan sê hulle net dom dinge.
3 Die Here sien oral,Hy sien wat slegte mense doenen Hy sien wat goeie mense doen.
4 Wanneer iemand praat om dit beter te laat gaan,dan laat hy mense lewe,maar wanneer hy dinge sê wat vals is,dan maak hy mense moedeloos.
5 Dit is ’n dwaas wat dink dat die dingewat sy pa vir hom leer, nie belangrik is nie,maar iemand wat onthou wat sy pa vir hom sê,is verstandig.
6 Iemand wat reg lewe, word baie ryk,maar as ’n mens verkeerd doen,dan sal die goed wat hy kry,dit sleg laat gaan met hom.
7 Wanneer wyse mense praat,dan leer hulle vir baie mense om dinge te weet,maar dwase dink net oor dinge wat nie reg is nie.
8 Die Here haat die offers wat mense bringwat verkeerd doen,maar Hy aanvaar die gebede van eerlike mense.