22 As iemand verstandig is,dan hou hy aan om te lewe,maar dwase kan vir ’n mensnet dom dinge leer.
23 Iemand wat wysheid het, praat verstandig,ander mense kan by hom leer.
24 Woorde wat lekker is om te hoor,is soos ’n heuningkoek,dit is soet en dit hou ’n mens gesond.
25 ’n Mens dink miskien dat hy reg lewe,maar dan bring dit hom later by die dood.
26 Wanneer ’n werker honger is, dan werk hy hard,sy honger jaag hom sodat hy kan eet.
27 ’n Slegte mens dink en praat net slegte dinge,alles wat hy sê, is soos ’n vuur wat brand.
28 Iemand wat ander mense wil bedrieg,laat mense twis,hy hou aan om te skinderen hy maak vriende kwaad vir mekaar.