13 Wanneer jy slegte dinge doen aan mensewat goed was vir jou,dan sal dit altyd sleg gaan met jou huisgesin.
14 Twis begin soos wanneer water begin lek,dit is beter dat jy ophou voordat die twis begin.
15 Die Here haat dit wanneer iemand sêdat ’n skuldige mens onskuldig is,en Hy haat dit wanneer iemand sêdat ’n onskuldige mens skuldig is.
16 ’n Dwaas het miskien geldom wysheid te koop.Sal dit hom help?Nee, want hy het nie verstand nie.
17 Jy kan altyd weet dat ’n vriend lief sal wees vir jouen dat ’n broer daar is om te helpwanneer dit sleg gaan met jou.
18 ’n Mens wat nie verstand het nie,sal borg staan en sê dat hy sy vriend se skuldsal betaal.
19 Iemand wat graag ander mense kwaad maak,hou van twis.Wanneer iemand dink dat hy beter is as ander mense,dan sal dit gou sleg gaan met hom.