19 Iemand wat graag ander mense kwaad maak,hou van twis.Wanneer iemand dink dat hy beter is as ander mense,dan sal dit gou sleg gaan met hom.
20 Dit sal nie goed gaan met ’n mens wat vals is nie.As hy ander mense wil bedrieg,dan sal dit sleg gaan met hom.
21 ’n Mens is hartseer wanneer jou kind ’n dwaas is,jy het dan niks waaroor jy bly kan wees nie.
22 ’n Gelukkige mens is ook ’n gesonde mens,maar ’n mens wat moedeloos is, word siek.
23 ’n Mens wat verkeerd doen, neem geldwat iemand skelm vir hom gee,en dan oordeel hy nie reg nie.
24 ’n Verstandige mens dink hoe hy wysheid kan kry,maar ’n dwaas dink hoe hy die hele aarde kan kry.
25 Wanneer ouers ’n kind het wat ’n dwaas is,dan is hulle hartseer en teleurgesteld.