9 Iemand wat maak of hy nie sienwanneer iemand anders iets teen hom doen nie,is iemand wat lief is vir mense.Iemand wat vertel wat ander mense oor mekaar sê,laat vriende kwaad word vir mekaar.
10 ’n Verstandige mens luisterwanneer iemand met hom raas,maar ’n dwaas luister nie,hy luister ook nie wanneer hulle hom 100 maalmet ’n stok slaan nie.
11 ’n Slegte mens wil altyd opstandig wees,maar daar sal iemand kom wat hom wreed sal straf.
12 Dit is gevaarlik om naby ’n beer-wyfie te komwat kwaad is omdat haar kleintjies dood is,maar dit is slegter om ’n dwaas te ontmoetwat dom dinge doen.
13 Wanneer jy slegte dinge doen aan mensewat goed was vir jou,dan sal dit altyd sleg gaan met jou huisgesin.
14 Twis begin soos wanneer water begin lek,dit is beter dat jy ophou voordat die twis begin.
15 Die Here haat dit wanneer iemand sêdat ’n skuldige mens onskuldig is,en Hy haat dit wanneer iemand sêdat ’n onskuldige mens skuldig is.