1 ’n Selfsugtige mens lewe net vir homself,hy hou nie van ware wysheid nie.
2 ’n Dwaas wil nie verstandig word nie,hy wil net sê wat hy self dink.
3 Iemand wat verkeerd doen, beledig mense oral waar hy kom,hy verneder hulle en hy laat hulle sleg voel.
4 Die dinge wat ’n mens sê,kan soos diep water wees,soos ’n waterstroom wat vinnig vloei,daar kan wysheid uitkom.