13 want hulle is mense wat opgehou hetom die regte dinge te doenen wat in die donker loop.
14 Dit is vir hulle lekkerom verkeerd te doen,hulle juig wanneer ’n slegte mensiemand wil bedrieg.
15 Hulle is mense wat nie op die regte padkan loop nie,hulle hou aan om verkeerd te lewe.
16 As jy luister na my,dan sal dit jou red van die slegte vrou,’n ander man se vrou wat jou wil verlei,
17 die vrou wat haar eie man gelos heten wat die ooreenkoms vergeet hetwat sy voor haar God gemaak het.
18 In haar huis is jy naby die dood.As jy saam met haar gaan,dan is jy al klaar op die padna die mense wat dood is.
19 Mense wat na haar toe gaan,kom nie terug nie,hulle kom nie weer op die padvan die mense wat lewe nie.