15 Hulle is mense wat nie op die regte padkan loop nie,hulle hou aan om verkeerd te lewe.
16 As jy luister na my,dan sal dit jou red van die slegte vrou,’n ander man se vrou wat jou wil verlei,
17 die vrou wat haar eie man gelos heten wat die ooreenkoms vergeet hetwat sy voor haar God gemaak het.
18 In haar huis is jy naby die dood.As jy saam met haar gaan,dan is jy al klaar op die padna die mense wat dood is.
19 Mense wat na haar toe gaan,kom nie terug nie,hulle kom nie weer op die padvan die mense wat lewe nie.
20 Jy moet luister na my,sodat jy kan lewe soos goeie mense lewe,sodat jy kan lewe soos mense wat reg doen,
21 want dit is die eerlike mensewat in die land sal woon.Die mense wat heeltemal reg lewe,sal aanhou lewe in die land.