1 Niemand dink dat dit moet sneeu in die somer nie,niemand dink dat dit moet reënwanneer hy die ryp koring wil afsny nie,niemand dink dat mense ’n dwaasmoet respekteer nie.
2 As iemand jou vervloek wanneer jy niksverkeerd gedoen het nie,dan is dit soos voëltjieswat vlieg en nie gaan sit nie,dit gaan by jou verby.
3 ’n Mens gebruik ’n sweep vir ’n perd,’n toom vir ’n donkie,en ’n lat vir ’n dwaas.
4 As ’n dwaas dom dinge sê, en jy antwoord hom nie,dan sal hy dink jy is ook dom.
5 As ’n dwaas dom dinge sê, en jy antwoord hom,dan sal hy dink hy het wysheid.
6 Wanneer jy ’n dwaas stuurom ’n boodskap te bring,dan sal hy nie die boodskap reg bring nie,en dan sal iemand vir jou wil seermaak.
7 ’n Lam mens kan nie sy bene gebruik nie,dwase kan nie ’n spreuk gebruikwanneer hulle praat nie.