10 As jy ’n vriend het, dan moet jy hom nie los nie,ook nie iemand wat jou pa se vriend was nie.Wanneer dit sleg gaan met jou,dan kan jou buurman wat naby is,vir jou beter help as jou broer wat ver is.
11 My seun, jy moet ’n wyse mens word.Dit sal my bly maak, en dan sal ek kan antwoordwanneer iemand wys dat hy dink ek is nie belangrik nie.
12 ’n Verstandige mens sien wanneer daar probleme kom,en hy vlug,mense wat baie min weet, vlug nie, en hulle kry swaar.
13 Wanneer iemand borg gestaan hetvir ’n mens wat hy nie ken nie,wanneer hy belowe het om te betaalwat iemand uit ’n ander land skuld,dan moet jy sy klere vatas jý iets van hom wil terugkry.
14 Wanneer ’n persoon vroeg in die oggendhard skree om iemand te groet,dan sal mense miskien dink hy is besigom die man te vervloek.
15 ’n Dak wat aanhou lek wanneer dit reën,is soos ’n vrou wat aanhou kla.
16 Jy kan haar nie keer nie,soos jy ook nie die wind kan keer nie,en soos jy ook nie olyf-olie met jou handkan vashou nie.