17 Een stuk yster kan ’n ander stuk yster skerpmaak,so kan een mens ’n ander mens help om slim te word.
18 Wanneer iemand goed sorg vir ’n vyeboom,dan sal hy vye hê om te eet.Wanneer ’n slaaf sy eienaar goed oppas,dan sal die eienaar die slaaf respekteer.
19 Wanneer iemand in die water kyk,dan kan hy sy gesig sien.Dit is dieselfde: Die dinge wat jy dink,wys vir jou wie jy is.
20 Die doderyk, die onderwêreld, word nooit vol nie,meer en meer mense sterf,en oë wil altyd meer en meer kyk.
21 ’n Mens smelt silwer in ’n poten hy smelt goud in ’n oond,en jy weet iemand is belangrikwanneer ander mense hom prys.
22 Jy kan ’n dwaas in ’n stampblok stamp,jy kan hom saam met sandkorrels stamp,maar jy sal nie sy dwaasheid uit hom kan stamp nie.
23 Jy moet weet wat jou skape en bokke nodig het,jy moet weet hoe dit met die troppe diere gaan,