4 Wanneer iemand kwaad is, dan is hy wreed,dit is soos baie water wat oor jou spoel.Wanneer hy regtig kwaad is,dan kan jy nie teen hom bly staan nie.
5 Dit is beter om eerlik vir iemand te sêwat hy verkeerd doen,beter as om vir hom lief te weesmaar dit nie te wys nie.
6 Wanneer ’n vriend jou seermaak,dan doen hy dit omdat hy jou vriend wil bly.Wanneer iemand jou die hele dag wil aanhou soen,dan haat hy jou.
7 Wanneer iemand genoeg geëet het,dan is heuning nie meer lekker nie,wanneer iemand honger is,dan proe ’n bitter ding ook soet.
8 Iemand wat sy huis los en weggaan,is soos ’n voël wat wegvlieg van sy nes.
9 Olyf-olie en wierook laat jou lekker voel,maar ’n goeie vriend weet beter as jyselfwat goed sal wees vir jou.
10 As jy ’n vriend het, dan moet jy hom nie los nie,ook nie iemand wat jou pa se vriend was nie.Wanneer dit sleg gaan met jou,dan kan jou buurman wat naby is,vir jou beter help as jou broer wat ver is.