17 Iemand wat wysheid het, geniet die lewe,en dit gaan goed met hom.
18 Wysheid is soos ’n boom.As jy vashou aan die wysheid,dan hou jy vas aan ’n boom wat lewe gee.Die mens wat aan die wysheid vashou,is ’n gelukkige mens.
19 Die Here het wysheid en verstand,Hy het die aarde en die hemel gemaak.
20 Hy het geweet wat om te doen,Hy het fonteine uit die diep water laat stroomen Hy het die wolke vol water gemaak.
21 My kind, jy moet met ware wysheid lewe,jy moenie ophou om verstandig te wees nie.
22 As jy met wysheid lewe,dan sal jy ’n lang en ’n mooi lewe hê.
23 Dan sal jy veilig loop op jou pad deur die leween jy sal nie jou tone stamp nie.