18 Daar is drie dinge wat vir my wonderlik is,daar is vier dinge wat ek nie verstaan nie:
19 Dit is hoe ’n arend in die lug bly,hoe ’n slang oor ’n rots seil,hoe ’n skip op die see seil,en hoe ’n man ’n vrou probeer kry.
20 ’n Vrou wat egbreuk pleeg,is soos iemand wat eet en haar mond afveeen sê: “Ek het niks verkeerd gedoen nie.”
21 Daar is drie dinge wat almal kwaaden ontsteld laat word,daar is vier dinge waarvan mense niks hou nie:
22 Dit is wanneer ’n slaaf koning word,wanneer ’n dwaas te veel geëet het,
23 wanneer ’n vrou wat nooit ’n man kon kry nie,later trou,en wanneer ’n slavin trou met die man van haar eienares.
24 Daar is vier dinge op die aarde wat klein ismaar wat meer wysheid het as almal: