22 Dit is wanneer ’n slaaf koning word,wanneer ’n dwaas te veel geëet het,
23 wanneer ’n vrou wat nooit ’n man kon kry nie,later trou,en wanneer ’n slavin trou met die man van haar eienares.
24 Daar is vier dinge op die aarde wat klein ismaar wat meer wysheid het as almal:
25 Miere is nie sterk nie,maar in die somer bêre hulle kos vir die winter.
26 Dassies is nie sterk nie,maar hulle woon op die rotse.
27 Sprinkane het nie ’n koning nie,maar hulle vlieg saam in swerms.
28 ’n Geitjie is klein, jy kan hom met jou hand vang,maar hy is ook in konings se paleise.