8 U moet keer dat ek nie vals is en lieg nie,U moet my nie arm of ryk maak nie,U moet vir my net die kos gee wat ek nodig het.
9 Want as ek te veel het, dan sal ek miskien sêdat ek U nie ken nie,ek sal vra: “Wie is die Here?”En as ek arm is, dan sal ek miskien steelen nie die Naam van my God respekteer nie.
10 Jy moenie slegte dinge oor ’n slaafvir sy eienaar sê nie,die slaaf sal jou miskien vervloek,en dit sal sleg gaan met jou.
11 Daar is mense wat hulle ouers vervloeken wat nie wil hê dat dit goed moet gaan met hulle nie.
12 Daar is mense wat dink hulle is skoon,maar hulle is vuil, hulle het nie gewas nie.
13 Daar is mense wat baie hoogmoedig is,mense wat dink hulle is beter as ander mense.
14 Daar is mense wat maklik ander mense doodmaak,hulle vat alles wat die mense hetwat hulleself nie kan beskerm nie,hulle laat die mense sterf wat niks het nie.