3 Jy moenie al jou krag, jou lewe, gee vir vroue nie,vroue verwoes konings.
4 Lemuel, konings moenie wyn drink nie,mense wat regeer, moenie dronk word nie.
5 Want wanneer hulle drink,dan kan hulle miskien die wette vergeet,en dan doen hulle nie reg aan al die mensewat hulleself nie kan beskerm nie.
6 Jy moet drank gee vir die mensewat besig is om te sterf,jy moet wyn gee vir die mense wat swaarkry.
7 Wanneer hulle drink,dan sal hulle miskien vergeet dat hulle arm isen dan sal hulle nie meer daaraan dinkdat hulle swaarkry nie.
8 Wanneer mense nie self kan praat nie,dan moet jy sê wat hulle wil sê,jy moet praat en reg doen aan almalmet wie dit sleg gaan.
9 Jy moet praat, jy moet reg oordeel,jy moet reg doen aan die mensewat hulleself nie kan beskerm nie,die mense wat niks het nie.