20 My seun, hoekom wil jy dom dinge doenby ’n slegte vrou?Hoekom wil jy ’n vrou wat nie jou vrou is nie,omhels en teen jou vasdruk?
21 Die Here sien hoe ’n mens lewe,Hy kyk of ’n mens reg lewe.
22 Die sondes van ’n mens wat verkeerd doen,is soos ’n vangnet, dit vang hom.Sy sondes is soos toue wat hom vasdraai.
23 Die mens wat verkeerd doen, sterfomdat hy nie wou leer nie,hy verdwaal omdat hy dom gebly het.