1 My kind, wanneer jy vir ’n vriend borg gestaan het,wanneer jy dit belowe het vir ’n vreemde mens,
2 dan het jou eie woorde jou gevang,en jy het groot probleme omdat jy dit gesê het.
3 My kind, dít is wat jy dan moet doen:Jy moet jouself red,want daardie persoon kan nou besluitwat met jou sal gebeur.Jy moet by hom gaan soebat,jy moet hom aanhou vra en lastig wees,
4 jy moenie slaap of rus nie,
5 jy moet jouself red soos ’n wildsbok homself redvan ’n jagter,soos ’n voël homself red van ’n voëlvanger.
6 Lui mens, jy moet na die miere gaan,jy moet gaan kyk hoe hulle leween jy moet leer van hulle.
7 Die miere het nie ’n leierof ’n voorman of ’n koning nie,