16 Daar is ses dinge waarvan die Here nie hou nie,daar is sewe dinge wat Hy haat.
17 Dit is wanneer mense hoogmoedig is,wanneer hulle lieg,wanneer hulle mense vermoor,
18 wanneer hulle slegte planne maak teen ander mense,wanneer hulle haastig is om verkeerd te doen,
19 wanneer hulle getuies is wat lieg,en wanneer hulle die een broermet die ander broer laat twis.
20 My kind, jy moet onthouwat jou pa vir jou sê,jy moenie vergeet wat jou ma vir jou leer nie.
21 Jy moenie dit vergeet nie,jy moet dit elke dag onthou.
22 Dan sal jy weet hoe jy moet lewe,jy sal elke dag en elke nag weetwat jy moet doen.