30 Wanneer ’n dief steel,dan sal mense altyd dinkhy doen verkeerd,ook wanneer hy steelomdat hy honger is.
31 Wanneer mense uitvind dat hy gesteel het,dan sal hy sewe maal meer moet teruggee,hy sal alles moet gee wat daar in sy huis is.
32 ’n Man wat egbreuk pleeg,is baie dom, hy is mal.Hy verwoes sy eie lewewanneer hy dit doen.
33 Hulle sal hom slaanen hulle sal hom verneder,die mense sal aanhou om hom te spot.
34 Want wanneer daardie vrou se man kwaad is,dan is dit soos ’n vuur wat brand.Wanneer hy jou straf oor wat jy gedoen het,dan sal hy nie jammer wees vir jou nie.
35 Hy sal nie geld van jou neem en jou los nie,hy sal nie jou geld neem nie,ook nie wanneer jy vir hom baie wil gee nie.