1 Die wysheid is soos ’n vrouwat haar huis gebou het,’n huis wat sewe pilare het.
2 Toe het sy skape geslagen sy het wyn gemeng met kruieen die tafel gedek.
3 Sy het haar jongmeisies gestuurom op die hoogste plek in die stad te staanen hard te sê:
4 “Almal wat baie min weet,julle moet hiernatoe kom.”Sy het vir die mense wat nog baie moet leer,gesê:
5 “Julle moet by my kom eeten julle moet kom drink van die wynwat ek gemeng het met kruie.
6 Julle moet ophou om baie min te weet,sodat julle kan lewe,julle moet verstandig word.”
7 Wanneer jy vir iemand iets wil leer,iemand wat altyd wil spot,dan sal hy miskien vir jou lag.Wanneer jy vir iemand wat verkeerd lewe,wil leer wat hy moet doen,dan sal hy miskien vir jou seermaak.