4 “Almal wat baie min weet,julle moet hiernatoe kom.”Sy het vir die mense wat nog baie moet leer,gesê:
5 “Julle moet by my kom eeten julle moet kom drink van die wynwat ek gemeng het met kruie.
6 Julle moet ophou om baie min te weet,sodat julle kan lewe,julle moet verstandig word.”
7 Wanneer jy vir iemand iets wil leer,iemand wat altyd wil spot,dan sal hy miskien vir jou lag.Wanneer jy vir iemand wat verkeerd lewe,wil leer wat hy moet doen,dan sal hy miskien vir jou seermaak.
8 Daar is mense wat altyd wil spot,jy moenie probeer om vir hulle te leerwat hulle moet doen nie,hulle sal jou haat.Wanneer jy vir ’n wyse mens wil leerwat om te doen,dan sal hy lief wees vir jou.
9 Wanneer jy vir ’n wyse mens iets leer,dan kry hy meer wysheid.Wanneer jy vir ’n mens wat reg lewe,iets leer, dan weet hy nóg meer.
10 Wanneer jy die Here respekteer en dien,dan begin jy wysheid kry.Wanneer jy die heilige God ken,dan is jy verstandig.