11 Die man het die vrou nodig en die vrou die man.
12 Dat dit so is, kan ons in die natuur sien. Net soos die eerste vrou uit die man geneem is, so word mans nou uit vroue gebore. Agter al hierdie dinge staan God self, want dit is Hy wat mans en vroue maak.
13 Werk dit nou vir julleself uit: Is dit reg vir ’n vrou om met God te praat terwyl sy geen respek vir haar man het nie en dit wys deur nie ons gebruik te respekteer en iets op haar kop te sit nie?
14 Sê julle gevoel nie ook vir julle dat ’n man wat lang hare dra hom belaglik maak,
15 terwyl dit weer vir ’n vrou ’n pragtige versiering is nie? God het haar hare juis vir haar gegee om haar kop mooi toe te maak.
16 As iemand nou hieroor wil stry, is my antwoord dat dit is hoe ons dinge doen. Nou bedoel ek nie net ons nie, maar al die ander Christene ook.
17 Ek het nog iets om met julle te bespreek, maar dit is nie vir my so lekker nie, want hier is julle op die verkeerde pad en ek moet dit ongelukkig vir julle sê. As julle as gemeente bymekaarkom, bring dit die slegste in julle na vore in plaas van die beste.