6 As sy dit nie wil doen nie, moet sy maar al haar hare afsny. Dit is ons gebruik; ’n vrou moet iets op haar kop hê as teken van haar respek vir haar man, maar
7 ’n man moet dit juis nie doen nie, uit respek vir God. Iets van die grootheid van God moet in die man sigbaar word. As teken daarvan moet hy dus nie iets op sy kop sit nie. Deur die klere wat ’n vrou aantrek, moet sy weer iets van haar respek vir haar man wys. Julle vra waarom.
8 Wel, God het mos nie die man uit die vrou gemaak nie, maar die vrou uit die man.
9 Die man is nie gemaak omdat daar ’n vrou was nie, maar die vrou omdat daar ’n man was.
10 Daarom moet die vrou iets op haar kop dra om so te wys sy respekteer haar man. Selfs die hemelse wesens, die engele, sal dit kan sien. Noudat ons Christene is wat die Here dien, moet ons nie te veel argumenteer oor wie nou juis die belangrikste is, die man of die vrou, nie.
11 Die man het die vrou nodig en die vrou die man.
12 Dat dit so is, kan ons in die natuur sien. Net soos die eerste vrou uit die man geneem is, so word mans nou uit vroue gebore. Agter al hierdie dinge staan God self, want dit is Hy wat mans en vroue maak.