27 Met ander woorde, as iemand in ’n spesiale taal praat, moet dit nie oordryf word nie. Net twee, of op die meeste drie, moet ’n kans kry, en nie almal gelyk nie. Elke keer moet daar iemand wees wat aan die ander kan verduidelik wat die persoon besig is om te sê.
28 As daar nie iemand in die gemeente is wat die spesiale taal verstaan en kan verduidelik wat gesê word nie, moet die een stilbly wat in die spesiale taal wil praat. Hy moet dit maar tussen God en hom hou waar hy alleen is.
29 Twee of drie mense aan wie God sy boodskap gegee het, moet aan die gemeente vertel wat God sê. Die res van die gemeente moet goed luister en versigtig opweeg wat gesê word.
30 As die Here egter ’n spesiale boodskap vir iemand gee wat in die gemeente sit en luister, moet die een wat aan die praat is, eers stilbly.
31 Almal vir wie die Here ’n boodskap gegee het om aan die gemeente te gee, moet ’n kans kry om dit te doen. So sal die hele gemeente van hulle kan leer en moed kan skep.
32 Iemand wat iets van die Here af gekry het om te sê, moet sy kans afwag om dit te sê. God hou nie van ’n deurmekaarspul nie.
33 Hy hou daarvan as dinge mooi en op hulle plek gebeur. Sorg dat dit in die gemeente so gaan.Nou wil ek met julle praat oor iets wat oral in die gemeentes gebeur.