33 Hy hou daarvan as dinge mooi en op hulle plek gebeur. Sorg dat dit in die gemeente so gaan.Nou wil ek met julle praat oor iets wat oral in die gemeentes gebeur.
34 Vroue moet nie praat in gemeentebyeenkomste nie. Die wet van die Here gee vir ons riglyne wat hierdie dinge betref. Daar lees ’n mens dat vroue nie in die byeenkoms moet praat nie, maar dat hulle die gesag van die man daar moet erken.
35 Dit is ons gebruik dat elkeen haar man by die huis moet gaan vra as sy iets wil weet. Dit is nie mooi dat die vrou dit sommer in die kerk vir haar man vra en so die erediens deurmekaarkrap nie. Is daar miskien party van julle wat voel dat julle dit nie wil doen nie?
36 Dan moet julle julle afvra: Is die woord van God miskien deur julle geskryf sodat julle daaraan kan verander soos julle wil, of is dit God wat deur daardie woord met julle praat?
37 ’n Persoon wat rondvertel dat hy God se boodskap vir ander kan vertel of dat die Heilige Gees hom lei, behoort ook dadelik te weet dat wat ek hier sê, is hoe die Here wil hê ons moet maak.
38 As hy hom nie daaraan steur nie en maak of dit nie waar is nie, sal God hom ook nie kan gebruik nie.
39 Laat ek saamvat: doen alles wat julle kan om vir mense van God se dinge te vertel. As daar ander is wat in spesiale tale wil praat, moet julle nie in hulle pad staan nie.