10 Wanneer Timoteus daar opdaag, moet julle hom gasvry ontvang. Laat hom tuis voel en kyk mooi na hom, want hy werk hard vir die Here, net soos ek.
11 Niemand moet hom verkleineer nie. Julle moet hom eerder help om sonder probleme in vrede te reis sodat hy weer na my toe kan kom. Ek verwag hom saam met die ander broers.
12 Ek het mooi met Apollos gepraat en gevra dat hy saam met die ander broers na julle toe moet gaan. Hy kon egter nie nou gaan nie en daarom het hy nee gesê. Sodra hy kans kry, sal hy wel gaan.
13 Wees wakker in die lewe en moenie toelaat dat iemand julle geestelik van balans af gooi nie, want julle glo mos. Moenie soos bangbroeke wees nie, maar staan julle man.
14 Doen alles wat julle doen met liefde.
15 Ek wil julle nog iets vra, my broers en susters. Julle onthou mos nog vir Stefanas. Hy en sy huisgesin was die eerste mense in Suid-Griekeland wat Christene geword het.
16 Hulle was van die begin af meer as gewillig om mede-Christene te help waar hulle kan. Sulke mense se voorbeeld moet julle volg en almal wat saam met hulle vir die Here woel en werskaf.