9 Dit lees ons in sy wet. Moses het mos al geskryf: “Jy mag nie die bek van ’n bees toebind wat op die graanlande help nie.” Was God vreeslik bekommerd oor die beeste
10 of wou Hy die gemeentes liewer ’n les leer oor hoe hulle die mense moet behandel wat vir hulle werk? Natuurlik gaan dit eerder oor ons. As mense hard saamwerk aan iets, moet elkeen mos ’n stukkie van die wins kry as dit verkoop word.
11 As ek nou geestelik hard werk daar onder julle, is dit seker nie te veel gevra om darem so iets tasbaars van julle te kry om aan die lewe te bly nie.
12 As julle voel dat julle mense wat geestelik onder julle werk so wil help, behoort julle ons nie eintlik voor in die ry te laat staan nie?Maar ons het liewer stilgebly as om vir julle te vra om ons te help om die pot aan die kook te hou. Ons wou nie hê dat enigiets wat ons doen mense moes afsit om na die wonderlike boodskap oor Christus te luister nie.
13 Julle weet mos self dat die mense wat in die tempels werk genoeg kry om van te lewe by die mense wie se tempel dit is. Die Here het ook duidelik vir ons as Christene gesê wat ons moet doen.
14 As ons vir mense van Jesus vertel, moet gelowiges ook sorg dat ons genoeg het om van te lewe.
15 Ek het nooit by julle aangeklop om hulp nie, al kon ek. Nou moet julle ook nie dink dat ek dit nou met hierdie brief doen nie. Nee, ek sou liewer van honger doodgaan as om te sê dat ek vir julle van Jesus vertel het sodat ek geld of so iets by julle kon kry. Dat ek nie vir mense van Jesus vertel om geld in die hande te kry nie, is vir my baie belangrik. Dit maak my nie nou skielik baie goed nie.