1 Ek wil nou ernstig met julle praat. Maar ek doen dit in die gesindheid van Christus, Hy wat nederig en vol deernis teenoor almal is. Daar by julle word mos gesê: “Paulus is so mak soos ’n lammetjie wanneer hy hier is. Maar wanneer hy weg is, is hy verskriklik kwaai in sy briewe.”
2 Nou vra ek julle baie mooi: moet asseblief nie maak dat ek regtig kwaai is wanneer ek binnekort na julle toe kom nie. Daardie mense wat vir almal vertel dat ek nie volgens God se wil leef nie, moet veral lig loop. Ek sal nie twee maal dink om hulle voor almal vas te vat oor hulle leuens nie.
3 Natuurlik is ons net doodgewone mense, maar ons leef glad nie volgens die reëls van hierdie wêreld nie. Nee, ons is in ’n voltydse oorlog gewikkel om die goeie nuus uit te dra.
4 Maar ons wapens is nie mensgemaakte wapens nie. Gelukkig nie! Ons staan in die Here se diens; daarom kry ons al ons wapens by Hom. Daarmee vernietig ons alles wat in die pad van die goeie nuus staan, selfs die heel sterkste vestings van die vyand. Met hierdie wapens vernietig ons elke vals argument.