15 Daarom kan niemand my daarvan beskuldig dat ek in iemand anders se terrein in Korinte kom inmeng het nie. Ek glo vas dat, soos julle geloof sterker word, ek sommer nog ’n baie groter werksterrein daar by julle gaan hê.
16 Want ek wil die goeie nuus nog tot ver anderkant Korinte se grense vir mense gaan vertel. God het daardie gebiede ook afgebaken as deel van my werksterrein. Ook daar sal ek nie in ander mense se werksterrein inmeng nie.
17 Die Bybel sê: “As jy wil spog, spog dan oor wat die Here doen.” Al jou eie groot dade waarmee jy so graag spog, tel in elk geval nie voor God nie.
18 Nee, al wat saak maak, is dat God met jou lewe tevrede is. Sy goedkeuring is al waarvoor jy moet leef.