12 Almal praat net met die hoogste lof van Demetrius. Om dit so te stel, as jy die waarheid self sou kon vra, sou die getuienis net so bevestigend gewees het. Ons kan hierdie goeie getuienis oor hom maar net bevestig. En julle weet mos dat ons die waarheid sal praat.
13 Ek het nog so baie dinge om met jou te bespreek, maar ek wil dit nie skriftelik doen nie.
14 Ek hoop om jou binnekort te sien. Dan sal ons die kans hê om lekker saam te sit en gesels.
15 Ek wens jou die vrede toe wat net Jesus kan gee. Die vriende hier stuur vir jou groete. Wees asseblief ook so gaaf om daar by julle na elkeen van die vriende persoonlik te gaan en aan hulle my groete oor te dra.