21 Filemon, ek vertrou jy sal doen wat ek jou vra; daarom dat ek hierdie brief aan jou skryf. Eintlik weet ek dat jy nog baie meer sal doen as wat ek van jou vra.
22 Jy kan ook solank jou gastekamer vir my begin gereedmaak. Binnekort kom ek weer daar na julle toe. Julle bid mos lankal tot God dat ek vrygelaat word en weer na julle toe kom.
23 Epafras, wat ook hier saam met my in die tronk sit ter wille van sy geloof in Christus Jesus, stuur groete vir jou.
24 So ook my helpers: Markus, Aristargos, Demas en Lukas.
25 Ons Here Jesus Christus se goedheid is by elkeen van julle.