27 Jesaja skryf die volgende oor haar:“Vrou, jy wat nie in staat was om kinders te hê nie, kan nou feesvier. Skree sommer van vreugde, jy wat nog nooit geboortepyne gehad het nie. Jy was baie eensaam. Jy het nie die vreugde van kinders geken nie. Maar nou sal jy meer kinders hê as al die ander vroue wat getroud is.”
28 My broers en susters, uit hierdie voorbeeld is dit duidelik dat ons, net soos Abraham se seun Isak, ook deel is van die tweede ooreenkoms.
29 Onthou julle nog hoe Isak, wat deur die Gees se werk gebore is, deur Ismael agtervolg is? Tot vandag toe gaan dit nog so.
30 Daarom sê die Bybel: “Jaag daardie slavin en haar seun weg. Daardie seun van die slavin mag onder geen omstandighede saam met die regte seun erf nie.”
31 Hierdie teks sê vir ons dat ons nie die kinders van ’n slavin is nie. Nee, ons wat glo, is Abraham se kinders.