1 Van Paulus, ’n apostel van Jesus op gesag van God, en van Timoteus, ’n mede-Christen.
2 Hierdie brief is bedoel vir al die mense van Kolosse wat spesiaal net God s’n is. Ek skryf vir julle wat in Jesus glo en daarom deel van God se hegte familie is. Mag God, ons Vader, vir julle baie goed wees. Mag Hy vir julle daardie diep vrede gee wat net Hy kan gee.Dank God dat julle Christene is!
3 Wanneer ek bid, kan ek God nie genoeg dankie sê vir wat Hy vir julle doen nie. Ek praat nie sommer van enige god nie. Ek praat van God, die Vader van Jesus Christus, ons Here.
4 Ek het gehoor dat julle in Christus Jesus glo en daarom baie omgee vir al God se kinders.
5 Dit doen julle omdat julle vir seker weet dat God self alles waarborg wat Hy vir julle belowe het en vir julle reg hou. Vir hierdie goeie nuus staan God self in.